T
loading...

Christo & Dané

September 8, 2018

This was by far the coldest day of 2018 – being spring?

You 2 were an amazing couple, you braved the cold and helped me get some spectacular images! Stunning clouds, warm love and an amazing couple!!!

May your marriage be filled with many heart warming moments!!!

Lotsa love

T

“What greater thing is there for two human souls, than to feel that they are joined for life–to strength each other in all labor, to rest on each other in all sorrow, to minister to each other in silent unspeakable memories at the moment of the last parting?”
– George Eliot

Make-up Artist Ronel – Ronel Le Roux Image Consultant
Dress Orijinel
Venue Goose hill
Brides Hair Lee-Ann Momberg
Second Shooter Maricka – Ahee Photography

How did you meet?

Op 26 Februarie 2015 het ons ontmoet voor Marjolein Koshuis op die Universiteit van die Vrystaat se kampus, nadat ons vir 2 weke al op Whatsapp gesels het.
Christo was oulik genoeg om vir my (Dané) ‘n baadjie te bring omdat ek myne by die huis vergeet het.
Ek het letterlik oor my voete geval toe ek hom sien nadat ek oor ‘n klip gestruikel het en net daar was die ys gebreek.

Daarna het “studie breuke” in naweke verander en voor ons ons oë kon uitvee was ons beste “vriende”.

Soos daar staan in Matteus 6:33
~ Seek first the kingdom of God and all His righteousness, and all these things shall be added to you.~
het ek na Universiteit in 2017 die Here vertrou om ‘n werksgeleentheid oor my pad te bring
en so goed soos wat die Here vir ons is, het Hy my geseën met ‘n werk in Jacobsdal wat naby die plaas is.

Op 26 Mei 2018 het Christo my grootste droom laat waar word toe hy my vra om te trou…

How did he/she propose?

Ek het net terug gekom van n uithourit in Boshoff en was baie moeg. Christo het gevra dat ons iets moet gaan eet, ek was nie baie lus nie, maar ek het ingestem om saam te gaan. Oppad restaurant toe het Christo gesê hy moet gou iets vir sy pa in hulle aartappel stoor gaan kry.
Het het ingehardloop om die “iets” te kry en na ‘n ruk het hy my ingeroep om hom te kom “help dra”.

Toe ek instap was hy op sy kniee omring deur 100 kerse en net daar het hy my gevra om te trou.
Natuurlik het ek dadelik Ja gesê

What characteristics attracted you most to each other?

Ons is altwee baie eerlik, ons is lojale mense en bietjie van perfeksioniste
Ons is mal oor die plaas lewe en diere en deel baie van dieselfde belangstellings

Why did you choose the venue?

Ons het gesoek na ‘n venue met ‘plaas gevoel wat nogsteeds modern is.
Goosehill het definitief daaraan voldoen
Johan Goosen het ons so laat welkom voel en Freda Goosen (sy vrou) het ons verseker gelyk of sy alles onder beheer het
Ons kon ook ons eie vlies, aartappels en uie gee waarvan hul dan die kos gemaak het, wat n groot voordeel was vir ons.

Your dream wedding?

Ons wil dit net geniet en werklik hê die mense moet God deur ons sien en sy teenwoordigheid by die troue ervaar, want as dit nie vir Hom was nie, sou ons nie hier gewees het vandag nie

More Shoots