T
loading...

How did you meet?

Op 26 Februarie 2015 het ons ontmoet voor Marjolein Koshuis op die Universiteit van die Vrystaat se kampus, nadat ons vir 2 weke al op Whatsapp gesels het.  Christo was oulik genoeg om vir my (Dané) ‘n baadjie te bring omdat ek myne by die huis vergeet het.  Ek het letterlik oor my voete geval toe ek hom sien nadat ek oor ‘n klip gestruikel het en net daar was die ys gebreek.

Daarna het “studie breuke” in naweke verander en voor ons ons oë kon uitvee was ons beste “vriende”.

Soos daar staan in Matteus 6:33
~ Seek first the kingdom of God and all His righteousness, and all these things shall be added to you.~
het ek na Universiteit in 2017 die Here vertrou om ‘n werksgeleentheid oor my pad te bring en so goed soos wat die Here vir ons is, het Hy my geseën met ‘n werk in Jacobsdal wat naby die plaas is.

Op 26 Mei 2018 het Christo my grootste droom laat waar word toe hy my vra om te trou…

How did he/she propose?

Ek het net terug gekom van n uithourit in Boshoff en was baie moeg. Christo het gevra dat ons iets moet gaan eet, ek was nie baie lus nie, maar ek het ingestem om saam te gaan. Oppad restaurant toe het Christo gesê hy moet gou iets vir sy pa in hulle aartappel stoor gaan kry.  Het het ingehardloop om die “iets” te kry en na ‘n ruk het hy my ingeroep om hom te kom “help dra”.

Toe ek instap was hy op sy kniee omring deur 100 kerse en net daar het hy my gevra om te trou.  Natuurlik het ek dadelik Ja gesê

What characteristics attracted you?

Ons is altwee baie eerlik, ons is lojale mense en bietjie van perfeksioniste.
Ons is mal oor die plaas lewe en diere en deel baie van dieselfde belangstellings.

Why did you choose the venue?

Ons het gesoek na ‘n venue met ‘plaas gevoel wat nogsteeds modern is.
Goosehill het definitief daaraan voldoen Johan Goosen het ons so laat welkom voel en Freda Goosen (sy vrou) het ons verseker gelyk of sy alles onder beheer het Ons kon ook ons eie vlies, aartappels en uie gee waarvan hul dan die kos gemaak het, wat n groot voordeel was vir ons.

Your dream wedding?

Ons wil dit net geniet en werklik hê die mense moet God deur ons sien en sy teenwoordigheid by die troue ervaar, want as dit nie vir Hom was nie, sou ons nie hier gewees het vandag nie.

“What greater thing is there for two human souls, than to feel that they are joined for life–to strength each other in all labor, to rest on each other in all sorrow, to minister to each other in silent unspeakable memories at the moment of the last parting?”

Date
September 8, 2018
Category
Clients
Chanel & Willem Previous project
Zirkia & Marchant Next project